Pelindaba Protokol 9781928434818

pelindaba
290,00 NAD each

Pelindaba Protokol

Die Asem van Allah

Wynand Du Toit

ISBN 9781928434818

In 1991 rapporteer doktor Joseph Opperman aan staatspresident FW de Klerk dat Suid-Afrika se kernarsenaal vernietig is. Vyf-en-twintig jaar later word Opperman vermoor. Die gru-moord plaas die ondersoekers op die spoor van die Pelindaba Protokol.

Johannes Moller en Aleana Opperman, beide agente van verskillende inligtings organisasies, smee kragte saam met adjudant Jabu Mkize van die Valke in 'n wedloop om die bes bewaarde geheim in Suid-Afrika te ontrafel. Die bloedspoor van die Jihadiste lei hulle in 'n verbete stryd om te verhoed dat die geheim van die protokol, in die hande van ekstremiste val.

Inam ul Haq, leier van die ekstremiste groep Al' aswad al' Afriqiu, is toenemend vasbeslote om die gehate Infadel te vernietig in die heilige oorlog in Sirië en Irak. Vanuit Istanbul tot die Kalahari, oor Rottnest eiland in Australë tot 'n skeepsvraghouer vol ivoor in Maputo, beloof dié spanningsverhaal om die leser te bind, van begin tot einde.