Van jagter tot wildliefhebber
By P.J. Schoeman
ISBN 9781919825816
Protea Boekhuis, 2002
Jag is 'n avontuur wat jou wegvoer van vier mure na die oop ruimtes van groot Afrika en jou laat kennis maak met ontbering en volharding, met lekker spog en lekker eet. En die oog, die kamera en die sakboekie vervang nie in een dag die jagroer nie. P.J. Schoeman se naam was vir geslagte Afrikaanslesers sinoniem met verhale waarin natuurkennis en natuurgevoeligheid saampraat. Vir diegene wat as jong lesers met Schoeman kennis gemaak het, sal die lees van hierdie hersiene heruitgawe 'n nostalgiese ervaring wees - 'n erfenis om aan vandag se jong lesers oor te dra.