Die meisie op die bus en ander liefdesverhale 9781485304296

die_meisie_op_die_bus_voorblad
230,00 NAD each

Die meisie op die bus en ander liefdesverhale

Doc Immelman

ISBN 9781485304296

Protea, April 2016


Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale, en in Die meisie op die bus ander liefdesverhale blom die liefde tussendeur al die avontuur. Die humoristiese “Ses dooie bees langs die grensdraad” gaan oor twee verliefdes wat eers die jare lange vyandskap tussen hul vaders, wat ook bure is, moet blus alvorens hulle kan afhaak. “Tussenspel op Etosha” vertel die storie van ’n veldwagter wat graag die senator se dogter wil beïndruk. Maar dan stel die parkhoof hom lelik in die verleentheid om die kampvuur met allerhande stories oor hom …

OOR DIE OUTEUR

Meer as 40 boeke het uit die meesterverteller Doc Immelman (1928–2013) se pen verskyn. Sy liefde vir die natuur en mensekennis vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by gevestigde aanhangers van sy boeke sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.