Uit die dagboek van 'n wildbewaarder 9781919825809

preview_frzl-332-g640_1_front_1919825800
150,00 NAD each

Uit die dagboek van 'n wildbewaarder

By P.J. Schoeman

ISBN 9781919825809

Protea Boekhuis, 2005

Voordat die veldseun Piet Schoeman wildbewaarder geword het, het hy gedink dat die lewe van 'n wildbewaarder die ene aksie sal wees. Toe hy aangestel word as hoofwildbewaarder van die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika, was dit net die plek waar hy sy onbedwingbare avontuurlus kon uitleef. Die gelyk wereld van gras en lae bossies, met orals troppies naderende wild, het vir hom 'n oneindige bekoring ingehou. Wanneer die oop ruimtes roep, kon hy nooit teruggehou word nie. Dit het dit aan hom baie tyd gelaat vir die rustige bestudering van die wild en die natuur. Hy het nooit besef dat die blote waarneming van wild ooit so interessant kan wees as die jagmaak op hulle nie. In hierdie titel openbaar hy die stiller en dieper mens binne om, die dieper mens wat so dikwels alleen in die aand by sy kampvuur sit. Hy kom tot die besef dat die mens in sy diepste wese eensaam is, en bly tot die einde toe. En vir die eerste keer maak hy vrede met homself en kan in die aand rustig gaan slaap.