Voetspore - Agulhas tot Alexandrie
By Johan Badenhorst
ISBN 9781869198978
Protea Boekhuis, 2013
In hierdie boeiende dagboek doen Johan Badenhorst self verslag oor sy span se reis van 20 000 km deur die ooste van Afrika, met besoeke aan plekke soos Zambie, Tanzanie, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopie, Somaliland, Djiboeti, Eritrea, die Soedan en Egipte. Dit is ’n plakboek propvol asemrowende foto’s deur Gideon du Preez Swart, kaarte en nuttige inligting vir beide die ervare sowel as aspirantreisiger.