FAK-sangbundel Volume II 2de uitgawe 9781485300274

fak_vol2
695,00 NAD each

FAK-sangbundel Volume II 2de uitgawe

ISBN 9781485300274

Protea Boekhuis, Desember 2016

Hardeband

Die ou bekende en geliefde FAK-sangbundel het in 2012 ’n welkome aanvulling gekry. Liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het, kry plek in die nuwe Volume II. Hierdie nuwe sangbundel maak plek vir 400 liedjies wat geskryf en gesing is sedert die vorige uitgawe van 1979. Vanjaar, 2012, is ook die 75ste bestaansjaar van die FAK-sangbundel en juis daarom is besluit om die wonder van Afrikaanse musiek behoorlik te vier met die uitreiking van ’n nuwe sangbundel.

Die nuwe rubrieke sluit in:
Immergroen &populêr; Kleinkuns; Kinderliedjies; Geestelike liedjies; Tradisionele liedjies; Kunsmusiek en Koormusiek.

Van die gewildste en bekendste werke deur Afrikaanse musieklegendes soos Rina Hugo, Gé Korsten, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr, die Briels, Anton Goosen en Laurika Rauch is in die bundel vervat, met treffers soos “Ballade vir ’n enkeling”,“De la Rey”, “Engel”, “Houtkruis” en “Kinders van die wind”. Kenners van Afrikaanse musiek, soos Mimi Coertze, Wessel van Wyk, Anneke Lamont en wyle Christa Steyn was betrokke by die keuse van die beste uit die nuwere Afrikaanse musiekskat.

Die nuwe FAK-sangbundel vervang nie die ou bundel met sy bekende volksliedjies soos Aanstap Rooies, My hartjie, my liefie en Sarie Marais nie. Die nuwe bundel is eerder daarop gemik om die skatkis van Afrikaanse musiek wat bewaar moet word, uit te brei.

Benewens die rubriekindeling het die bundel ook ’n register volgens liedere se titels en eerste reëls.