Plantmaats 9781875093762

plantmaats
225,00 NAD each

Plantmaats

Margaret Robers
9781875093762
BRIZA

Ook in Engels beskikbaar: Companion Planting

Die kuns om spesifieke plante naby mekaar te plant sodat hulle mekaar op een of ander manier bevoordeel, word al honderde jare beoefen. Plantpasmaats is plante wat mekar help deurdat hulle 'n reuk of chemikaleë afskei wat peste en plae afweer, of deurdat hulle voordelige insekte aanlok wat die omliggende plante bestuif of jag maak op skadelike insekte. Sommige plante stel weer voedingstowwe in die grond vry wat deur ander plante gebruik kan word. Het jy geweet


    Kappertjies wat saam met pampoene, skorsies en komkommers geplant word, versryf kewers, plantluise en ander insekte wat die groente beskadig. En boonop is kappertjies eetbaar!

    Wortels en preie is uitstekende plantmaats. Preie verjaag die wortelvlieg en die wortels jaag weer die vlieë en motte wat uie en preie beskadig. Die verskillende reuke verwar die insekte en ontmoedig hulle so.

    Aspersies keer dat aalwurms tamatieplante se wortels aanval.
    Koljaner verjaag inskete en word in 'n natuurlike spuitstof teen die rooispinnekopmyt gebruik.

    Knoffel verjaag plantluise en is veral 'n goeie plantpasmaat vir rose.


Hierdie boek beskryf meer as 100 kruie, voedsel- en medisinale plante en hulle plantpasmaats, met raad oor hoe, wanneer en waar om hulle te plant, te oes en te gebruik. Verweef in die teks is resepte vir natuurlike bemestingstowwe en spuitmiddels en inligting oor die medisinale en huishoudelike gebruike van plante. Afsonderlike afdelings dek nuttige onkruid, natuurlike spuitstowwe, deklae, bemestingstowwe en ander metodes om die grond te versterk.

DIE OUTEUR: Margaret Roberts was heel moontlike een van die eerste organises boere in Suider-Afrika. Sy kweeke al groente vandat sy sewe jaar oud is en gebruik net natuurlike bemesting- en spuitstowwe. In hierdie buitengewone boeke deel sy haar gunsteling resepte, haar beproefde idees en haar tuinmaakervarings met die leser.
Sy is die skrywer van meer as 30 boeke en het krue aan Suid-Afrikaners bekend gestel in haar televisie- en radioprogramme. Sy het 40 jaar gelde die eerste kruie na Suid-Afrika ingevoer en eksperimenteer sedertdien met ongewone medisinale en voedselplante by haar kruiesentrum naby De Wildt.