Die stormwalvis in die winter
Benji Davies
ISBN 9781485308744
Protea Boekhuis, Jan 2018
Laas somer het Noi ’n klein walvis gered toe ’n storm dit op die strand uitgespoel het. Noudat dit winter word, wil Noi baie graag weer sy vriend sien. Maar die walvis is iewers in die diep see saam met sy familie. Dit is uiteindelik ’n ysige storm wat hulle weer bymekaar bring. ’n Verhaal van moed en vriendskap; die opvolgverhaal van Die stormwalvis.