Môrewind oor die Karasberge (Herdruk) 9781869191818

karasberge_506070130
400,00 NAD each

Môrewind oor die Karasberge (Herdruk)

E.L.P. Stals

ISBN 9781869191818

Protea Boekhuis 2017

Hardeband

AGTERGROND
Kontreigeskiedenis het so gewild geword dat die lesers daarvan lank nie meer beperk is tot inwoners van die gebied waaroor dit handel nie. Namas, Oorlams, Basters, Boere, sendelinge, handelaars, Duitse boere en koloniale amptenare het van die 1700’s af tot aan die begin van die twintigste eeu ’n tuiste gevind in die Karasstreek in die suide van Namibië. Tot nou toe het niemand hulle geskiedenis opgeteken nie. Môrewind oor die Karasberge is hulle lang vergete storie, opgeteken deur ’n gesaghebbende en gesoute historikus.
 
“Dit is ’n aangrypende verhaal van die kolonisasie van ’n streek wie se geskiedenis relatief onbekend is.”
Prof. Hermann Giliomee

OOR DIE OUTEUR
Dr. Ernst Stals het aan verskeie tersiêre instellings doseer en is tans navorsingsgenoot van die Geskiedenisdepartement van die Universiteit van Stellenbosch. Uit sy pen het verskeie werke oor die geskiedenis van Namibië verskyn, onder andere Die aanraking tussen blankes en Ovambo’s in Suidwes-Afrika 1850–1915, Duits-Suidwes-Afrika na die groot opstande, Die Van der Merwes van Ehomba, Kurt Streitwolf: Sy werk in Suidwes-Afrika 1899–1914 en Die rol van Viktor Franke in Suidwes-Afrika 1896-1915.