Gobabis 9780620764582

gobabis
190,00 NAD each

Gobabis

Waar die olifante drink

Ilse Mouton

ISBN  9780620764582

Sagteband

60 p kleurfotos

“Aan die einde van die reënseisoen laat Louis sy werkers soek na n’abbas in die veld. Dit kos ‘n kennersoog om die skaars Kalaharitruffel in die fyn krake van die rooisand raak te sien. Met sononder skink hy vir elkeen ‘n schnapps en kuier ons in die voortuin  onder die groot kameeldoringboom  terwyl hy een van sy langspeelplate met Duitse musiek op die draaitafel sit.”


In 1983 verruil Ilse Mouton en haar dokterman André hul stedelike bestaan en blou Bolandse berge vir  die verrykende ervaring van ‘n plattelandse leefwyse en vestig hulle in Gobabis, waar hul nuwe heimat ‘n onuitwisbare nalatenskap in hul wese laat. Teen die agtergrond van politieke veranderinge word die wel en weë van Gobabis gedurende die 1980’s met piëteit, eerlikheid en ‘n ruim skoot humor beleef.


“In die wye grasvlaktes van ╪khoandabis, drinkplek van die olifante, het statige reuse vervloë hul dors kom les by palmomsoomde fonteine. Op my lewenspad het ek ook ‘n wyle hier gehalt, gedrink by ‘n fontein.”