Josefskleed 9781928349839

josefskleed
290,00 NAD each

Josefskleed

Stryd om te oorleef

Wynand Du Toit

ISBN 9781928349839

Op 11 Februarie 2014 woon Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsvieringe van die ondertekening van die Brazzaville Protokol by. President Denis Sassou N'Guesso van die Republiek van die Kongo hang die Nasionale Meriete Order van die Kongo om Wynand se nek. Wat hy daar beleef en besef, laat die laaste stukkie van die legkaart in plek val, dertig jaar na sy gevangeneming in Cabinda, Angola. Lees hier in sy eie woorde van sy stryd om te oorleef, om weer 'n plek in die samelewing in te neem. Hoe hy en talle ander veteraan soldate misbruik, misken en verstoot is. As vergete slagoffers van die destydse Kodesa samesprekings, lewe baie oud-soldate in gebrek en armoede, hul onvermoe om in die nuwe Suid Afrika aan te pas 'n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag in Afrika. Die politieke poppe-meesters trek op 10 Mei 1994 die Josefskleed oor die donker jare waarin sy eens getroue soldate en landsburgers steeds verkeer. Die politieke en militere vuilspel gerieflik verswyg in die gemak van hul aftree-pakette. Dit bly 'n ope vraag: was dit nie juis diegene wat bereid was om die grense van lojaliteit oor te steek wat die werklike helde was en die land van 'n bloedige burgeroorlog gered het nie?