ARGON - Begin van die einde 9781991245892

argon
350,00 NAD each

ARGON

Begin van die einde

Wynand du Toit

ISBN 9781991245892

Op die nag van 21 Mei 1985 infiltreer ʼn nege-man-span van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte die olie-tenkplaas by Malongo, Cabinda. In die daaropvolgende kontak met Angolese magte word kaptein Wynand du Toit gewond en gevange geneem. Twee van sy makkers sneuwel. Hierdie mislukte aanval op Malongo stuur skokgolwe deur die wêreld. Die VSA kondig aan dat hulle hul veto-stem ten gunste van Suid-Afrika in die VN se Veiligheidsraad onttrek. President P. W. Botha verloor sy enigste steun en bondgenoot in die VN.

Was dit die begin van die einde van die Nasionale Party regering? So beplan? In Argon word die storie van Wynand du Toit vertel, van sy nagmerrie ervaring in gevangeneskap, die Brazzaville Protokol en die verlope daarna. ʼn Verhaal van verraad en uitbuiting, misleiding en valshede. ’n Lewe van voorbereiding vir die grootste taak wat voorlê, die oorlewing van ons volk.