Paul Kruger Toesprake en korrespondensie, 1881–1900 9781485305743

kruger
380,00 NAD each

Paul Kruger Toesprake en korrespondensie, 1881–1900

Johan S. Bergh

ISBN 9781485305743

Paul Kruger Toesprake en korrespondensie, 1881–1899 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.