Onverskrokke – Bewakers van die veld 9781485310891

onverskrokkevoorblad
200,00 NAD each

Onverskrokke – Bewakers van die veld

Jan Roderigues

ISBN 9781485310891

Protea Boekhuis, Feb 2020

Jan Roderigues deel die ware verhale wat hy opgeteken het in die tyd toe hy as senior verslaggewer by die Nasionale Parkeraad gewerk het. Deurwinterde veldwagters het van hul interessantste ervarings in onder ander die Kalahari-Gemsbokpark en die Krugerwildtuin aan hom oorvertel. Dié stories is vol spanning en opwinding, soms doodsgevaar, maar dikwels ook humor.

OOR DIE OUTEUR

Jan Roderigues is ’n boorling van Viljoenskroon in die Vrystaat waar hy sy skoolloopbaan voltooi het. Nadat hy 13 jaar in die destydse Suid-Afrikaanse Polisie gedien het, het hy verslaggewer by ’n Pretoriase dagblad geword en amper ewe lank hier as in die polisie gedien. In 1983 is hy aangestel as senior verslaggewer by die Nasionale Parke Raad, waar hy later redakteur van hul interne publikasie geword het. Sy eerste publikasie by Protea Boekhuis, Ongeslyp, het in 2019 verskyn.