Swaarkry met lekkerkry klaarkry
Pioniers van die Omaheke
Hélène de Kok (outeur en uitgewer)
ISBN 9789991695723
Deur dik en dun, lief en leed, deur kom en gaan, deur die wenteling van jare vir meer as 'n eeu, loop die verhaal van pioniers van Namibie...hoe hulle gewoon het in takskerms langs 'n enkele windpomp, met geen paaie, drade of kampe nie en in rondreisende tentskole onderrig is - 'n worsteling teen armoede, droogte en siektes. Hierdie is 'n ongenaakbare land wat tog deel van jou murg en jou wese word, wat jou altyd terugroep na die verruklike sonsondergange, die uitmergelende droogtes, die dankbaarheid van die aarde na die reen en die oorspronklikheid, humor, moed en gasvryheid van sy mense. Hierdie is 'n land wat nooit weer van jou kan losmaak nie...weer en weer sal jy terugkom om die swaarkry met lekkerkry, klaar te kry.
Helene deKok