'n Allegaartjie - Reis op 'n tiekie 9789994589791

allegaartjie
170,00 NAD each

'n Allegaartjie - Reis op 'n tiekie

'n Reisverhaal

Hélène de Kok

ISBN 9789994589791

'n Allegaartjie is 'n mixed grill, 'n geliefde ete by 'n kafee - beide haas verdwene. Hier is weer 'n mixed grill - iets van alles. Doerie jare is ons van die enkeles wat Europa 'op 'n tiekie'deurkruis. Wanneer ons noustrop trek, pluk ons druiwe, was stapels skottelgoed, verpleeg, hou skool, werk in die sirkus en maak parfaits. Ons enigste kommunikasie met die wêreld wat ons agterlaat is per pos - voor selfone. Die haal ons Poste Restante by voorafbepaalde poskantore.

Waarom op 'n tiekie? 'n Tiekie is piepklein, maak drie pannies en is suiwer silwer (80 tiekies = een pond). Ons reis goedkoop. Ons glo dat ons enigiets kan vermag en dat ons binne ons leeftyd die wêreld se probleme sal oplos. Ons leef elke dag voluit, sonder 'n gedagte aan die verlede en met nie 'n worrie oor die toekoms nie.

Hélène de Kok, Gobabis Mei 2020