Die wit hings van die Namib 9781869194956

preview_mgcf-1620-g300_1_front_1869194950
150,00 NAD each

Die wit hings van die Namib

Twee Verhale Uit Die Ou Suidwes

By Doc Immelman

ISBN 9781869194956

Protea Boekhuis, 2011

Die eerste, "Die tuiskoms van Zack Becker", is die aangrypende liefdesverhaal van 'n besondere bywonerseun wat verlief raak op 'n boer se beeldskone dogter en alles in sy vermoe sal doen om haar hand te wen. Die titelverhaal, "Die Wit Hings van die Namib", vertel van hoe die verstrooide en geleerde doktor Robert Tredoux 'n safarileier, Fanus Brink, opkommandeer om hom en sy twee mooi dogters die onherbergsame woestyn in te vergesel, op soek na tekens van 'n wit spookperd wat volgens legende in die Namib woon en besoekers verwilder. Alles verloop egter nie glad in hierdie geheimsinnige diamantwereld nie, en die spanning laai op wanneer 'n vliegtuig met twee verdagte mans naby hulle neerstryk.