Swerwer op die sonpad
By W.A. de Klerk
ISBN 9781869192570
Protea Boekhuis, 2008
Twee verhale word in hierdie teks gelyktydig vertel: die van die skrywer se reis deur Angola tydens die herdenking van die Dorslandtrek en die geskiedenis van daardie epiese tog. De Klerk se lewendige verteltrant laat 'n veelbewoe stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan. W.A de Klerk was een van die voortreflikste literere joernaliste in Afrikaans.
Vir die skryf van Swerwer op die sonpad het hy onder meer talle onderhoude met Dorslandtrekkers en hulle kinders gevoer, wat hier woord vir woord weergee word in elkeen se unieke, sappige Afrikaans. Dit is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.