Die dag toe ons Krismis gaan soek het 9781485311409

krismis
250,00 NAD each

Die dag toe ons Krismis gaan soek het

Wini Esterhuizen

ISBN 9781485311409

Protea Boekhuis, Julie 2020

Hierdie is opregte, uit-die-hart-uit vertellings, jeugherinneringe en kontreistories. Dit herinner aan Dana Snyman in die opregtheid en eenvoud daarvan en die nostalgie wat dit oproep. Klein Wini is ’n ‘ouderwetse’ kind en gaan op vyf skool toe, waar sy die meeste van teken hou. Sy wens sy was so mooi soos Marlene Dumas, wat in dieselfde skool was. Maar sy het rooi vlegsels en sproete soos Pippie Langkous. Sy praat te veel en noem ’n ding by die naam. Sy word gestraf omdat sy tieties op ’n papierpop teken. Sy het ’n hart vir hoenders. Sommige stories is oor mense wat sy raakgesien of verbeel het. Die verhale word gekenmerk deur humor en deernis en ’n oog wat nie wyk nie, wat immer die ironiese besonderheid waarneem.

 

OOR DIE OUTEUR

Wini Esterhuizen is boervrou op Koës in Namibië. Sy is ’n alleenmens en skryf al jare stories. Sy is ook ’n uitmuntende amateurfotograaf, met ’n goedkoop kamera. In haar fotografie sowel as haar stories is haar oog vir detail duidelik en haar gekantelde kop. Sy het eenmaal op ’n kunswedstryd op laerskool eerste prys vir haar tekening van haar troetelhaan gewen. Sy het die prys voor Marlene Dumas weggeraap, wat slegs eervolle vermelding gekry het. Wini is ’n reisiger van stofpaaie en duine, ’n optekenaar en vergaarder van stories.