Elmer 9781485308867

preview_stvb-5608-g720_0_photo_1485308860
160,00 NAD each

Elmer

By David McKee

ISBN 9781485308867

Protea Boekhuis, 2018

Elmer, die kleurvolle olifant, is ’n kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieë verkoop regoor die wêreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter.

Elmer die olifant is moeg daarvan om soos ’n kleurvolle lappieskombers te lyk en vermom homself as ’n gewone grys olifant om by die res van die trop in te pas. Maar sy gewone uitbundigheid kan nie vir lank onderdruk word nie!