Kerneels en die Krismisengel 9781485308515

preview_jshz-5040-g9a0_0_photo_1485308518
150,00 NAD each

Kerneels en die Krismisengel

By Wendy Maartens

ISBN

Protea Boekhuis, 2018

Kerneels is ’n agtjarige seuntjie met kortgeskeerde hare en ’n stukkende groottoon. Sy ma is ’n skoonmaakster by ’n winkelsentrum, en wanneer sy nagskof werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom ’n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebêre word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis.

Hy kuier met oom Sol, die veiligheidswag, wat elke aand sy toebroodjies en frikkadelle met Kerneels deel, en hom leer van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen. Maar Kerneels wil weet of mens engele sal sien as jy in ’n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, en op Oukersaand wil hy hê oom Sol moet die Betlehemster uitwys. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”