Kersfees in Carmona 9781869192877

preview_gcfj-1117-g230_1_front_1869192877
150,00 NAD each

Kersfees in Carmona

En Ander Stories

By Doc Immelman

ISBN 9781869192877

Protea Boekhuis, 2010

In ’n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer sy verlede hom op Oukersaand inhaal.

’n Span bankrowers kom hul moses teë in die Chuosberge. ’n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie. En ’n skrywer en ’n beeldskone filmster is gestrand op die Kaitschavlei.

In vyf stories skets Doc Immelman wêrelde waar hardebaarde kan liefhê, helde nog met die vuis kan slaan en kameeldoringbome arabesk teen die laaste bietjie lig van die dag geëts is.