Merke gereed maak!
By Pia Pedevilla
ISBN 9781869197001
Protea Boekhuis, 2012
Merke, gereed, maak! In hierdie boek word nie net tradisionele kunsmateriaal nie, maar sommer ook niksbeduidende weggooigoed ingespan om pragtige geskenke en kreatiewe huisversierings te maak.
Daar’s genoeg verskeidenheid om bedrewe handwerkers en entoesiastiese nuwelinge se aandag te hou – en al die projekte kan aangepas word om by jou eie kreatiwiteit, vaardigheid, smaak en sak te pas.
Stap-vir-stap-aanwysings met duidelike foto’s, slim variasievoorstelle en handige handwerkwenke maak dit die ideale boek om vakansieverveling hok te slaan – of opnuut die kunstenaar in jou wakker te maak. Boonop bied die “7x7-blitsgids” jou hope idees oor hoe om in ’n japtrap die ideale geskenk of mooimaakding vir ’n vriendin, familielid of jouself op te tower.