Op Die Klein Spoortjies 9781869192259

preview_yzhy-1261-g470_1_front_1869192257
170,00 NAD each

Op Die Klein Spoortjies

By P.J. Schoeman

ISBN 9781869192259

Protea Boekhuis, 2010

Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende.

’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek.

Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”