Stories van die See 9781485304029

283535169601179215
250,00 NAD each

Stories van die See

By Wendy Maartens

ISBN 9781485304029

Protea Boekhuis, 2016

Stories van die see is 'n versameling seestories van regoor die wereld – van “Hans en die gaatjie” in Haarlem tot die seevoelnesplukkers Adhi en Sinta in die Ooste. Maar daar is ook heelwat plaaslike verhale oor die Birkenhead-bevel, “Die Vlieende Hollander”, Die Alibama, Wolraad Woltemade, die Gat-in-die-Muur by esiKhaleni waar die watermense jou kom haal, “Die spoke van Jutteneiland”, “Adamastor en die Kaap van Storms” en die skaapwagtertjie van Macassar wat Sjeg Joesoef se graf tussen die duine gevind het.

Stories van die see bevat verwerkings van The Little Mermaid en die verhaal van Prinses Elisa en haar elf swane-broers, asook die Weskusboer Koos Malgas wat sy robvrou se vel gesteel het. En natuurlik kul Hasie vir soutwaterkrokodil. Saam met die pragtige illustrasies van Marjorie van Heerden sal Stories van die see 'n klein lesertjie wegvoer na 'n magiese seestoriewereld.