Your Shopping Cart

The cart is empty

Kaalvoet in die reën en ander verse vir kinders 9789994550234

kaalvoet
195,00 NAD each

Kaalvoet in die reën

en ander verse vir kinders

Andree-Jeanne Tötemeyer en illustrasies deur Heidi Louw

ISBN 9789994550234

Self-published, December 2020

Die bundel “Kaalvoet in die reën en ander verse vir kinders” deur Andree-Jeanne Tὃtemeyer, is gerig op volwasse betrokkenes by kinders soos ouers, grootouers, opvoeders, kleuterskool-, pre-primệre skool- en laerskoolonderwysers. Dit is geskik vir voorlees aan jong kinders, die onderrig van skoolgaande kinders en vir voordrag vir en deur kinders van 0 tot 12 jaar oud.

Die inhoud bestaan uit 147 rympies, versies en gedigte ingedeel in agt afdelings volgens bepaalde ouderdomsgroepe en/of temas en sluit die volgende in: Die hoofgedeelte met 102 verse onder die afdelings, "Mamma praat met baba“ vir babas en peuters van 0-1 jaar, "Kleintyd“, vir kleuters van 2-4 jaar, "Kindertyd" vir voorskoolse en preprimêre kinders van 5-6 jaar, "Speeltyd" vir 7-8 jariges, "Pellietyd" vir 9-10 jariges, "Tienertyd“ vir 11 tot 12 jariges en Jesusversies en –liedjies wat ook die musieknotasies bevat.

Hierop volg die laaste afdeling, Opvoedkundige Verse, met 'n addisionele 45 versies vir gebruik in die skole. Die versies fokus veral op die grondslagfase vir die vakke, wiskunde en lewensvaardighede in Afrikaans met ook enkele versies in Engels vir gebruik in dubbelmediumskole, en ook vir die vak wetenskap. Die onderrig van die tale sal baat by die vaslegging van klanke en die kunste by 'n aantal aksieryme en 'n opvoerbare musiekspel. Daar word onder hierdie afdeling, ook vir elke onderwerp verwys na 'n bykomende 43 relevante verse in die boek. Die bundel bevat 31 illustrasies en ‘n indeks.

NEWSLETTER

Please subscribe to our Newsletter list

On facebook