Evie Erdvark en haar Natuurvriende 9781920217983

evie_erdvark_cover_website_1520934789
290,00 NAD each

Evie Erdvark en haar Natuurvriende

Lynn Hurry

ISBN 9781920217983

Briza Publications 2021

Hardeband, volkleur regdeur met pragtige illustrasies en foto's.

Evie Erdvark en haar Natuurvriende is 'n boek vir jong en ouer lesers. Die boek bevat feite oor natuurlewe wat goed nagevors is deur die welbekende Suid-Afrikaanse omgewingskrywer, Dr Lynn Hurry. Elkeen van die 20 stories word aangebied en met opmerkings verryk deur Evie Erdvark, maar vertel deur die werklike natuurlewe. Erdvarke, Aardwolwe, Kameelperde, Neushoringvoëls, Bobbejane, Kaapse Glasogies, Rooibokke, Rooibekrenostervoëls, Buffels, Piet-my-vroue en self Heuningbye vertel hulle eie lewensfeite - wie hulle vriende is en hoe hulle saamwerk om saam te bestaan.

Spesiale kenmerke:

Die boek bevat die volgende 3 seksies wat waarde toevoeg tot die uitgawe:

  • Wat beteken die naam? is uniek in 'n boek van die soort. Lesers sal gefasineer word deur die eenvoudige verduidelikings wat gegee word vir wetenskaplike name vir die diere in die boek.
  • Maak jou eie klubwapen van karton sal lesers aanspoor om betrokke te raak by omgewingsbewaring.
  • Evie se woordelys verskaf eenvoudige verduidelikings van woorde en terme wat in die boek voorkom.

Ook beskikbaar in Engels