Drie swerwers in Suidwes 9781869193300

preview_dflm-1124-g640_1_front_186919330x
240,00 NAD each

Drie swerwers in Suidwes

By W.A. de Klerk

ISBN 9781869193300

Protea Boekhuis, 2010

W.A de Klerk was een van die voortreflikste literêre joernaliste in Afrikaans. In Drie Swerwers In Suidwes vertel hy die verhaal van ’n reis wat hy en sy reisgenote onderneem het deur Suidwes-Afrika in 1948.

Hulle volg die voetspore van die Duitse geoloë Henno Martins en Hermann Korn wat in die Namib gaan skuil het tydens die Tweede Wêreldoorlog om die interneringskampe te ontsnap. Sy lewendige verteltrant laat dié veelbewoë stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan.

Dit is ’n rygeskakeerde boek vol wetenswaardighede, lewenslustigheid en lewenswysheid.