Halala Afrikaans 9781869192921

preview_wtpt-730-g870_1_front_1869192923
175,00 NAD each

Halala Afrikaans

By Daniel Hugo

ISBN 9781869192921

Protea Boekhuis, 2009

Afrikaans is die grootste nie-rassige prestasie in ons Suiderland sover. Gesamentlik geskep deur mense van drie vastelande – Afrika, Asië en Europa. En daarom is dit nie die besit van eensydige politieke partye nie, maar behoort dit aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. En daarom ook is my taal my beste wapen teen rassisme. (Jan Rabie, 1992)

Hierdie uitspraak van die Afrikaanse skrywer Jan Rabie dien as die uitgangspunt van hierdie opwindende nuwe boek oor Afrikaans. Afrikaans is oor die afgelope drie eeue al baie dinge genoem: die jongste Germaanse taal én Afrikataal, kombuistaal én parlementstaal, witmanstaal én hotnotstaal, onderdrukkerstaal én bevrydingstaal, Christentaal én Moslemtaal, elitistiese taal én omgangstaal, plat taal én poëtiese taal.

In hierdie “storie van Afrikaans” word ’n bondige oorsig gegee van waar Afrikaans vandaan kom, wie hom praat, skryf, gebruik en misbruik. In tye van voorspoed én van teenspoed het Afrikaans bewys dat hy ’n lewenskragtige, skeppende en bowenal nuttige taal is.