Ruacana tot Rosh Pinah 9781869194369

preview_ypbx-1602-g690_1_front_1869194365
150,00 NAD each

Ruacana tot Rosh Pinah

By Doc Immelman

ISBN 9781869194369

Protea Boekhuis, 2011

In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman oor 'n wonderlike wereld van kameeldorings, rooi duine, leeus, narras, mahangu, kampvure en biltong. Terwyl hy met heimwee terugdink aan die ou Suidwes, kosbare raad aan jagters gee, sonderlinge karakters in herinnering roep en die natuurskoon van Suidelike Afrika op treffende wyse besing, skiet sy rubrieke nie aan humor te kort nie.

Soos wanneer hy plaashekke dokumenteer en bevind dat die welbekende – en welgehate – konsertinahek, oftewel die smoelslaner, deur die duiwel geprakseer en deur Saddam Hoessein geïmplementeer is om die siele van goeie Christenmense te versondig. Maar met baie dinge het Doc Immelman vrede. 'Net solank die jagseisoen in die winter open en die kabeljou volgende naweek begin loop.'