Vlerke vir my houteend 9781869193546

9781869193546
150,00 NAD each

Vlerke vir my houteend

By Kobus Lombard

ISBN 9781869193546

Protea Boekhuis, 2010

Baie toeganklike poesie met sterk godsdienstige ondertone wat nooit soetsappig word nie. Die Namibiese digter Kobus Lombard sluit met sy derde bundel aan by temas in sy vorige twee bundels. Hy skryf in eenvoudige taal en helder beelde oor die skeppingsproses waar die digter soms op loop geneem word deur woorde, maar soms soos 'n hengelaar daarin slaag om die groot vis in te katrol. Dit is egter veral sy verse oor die godsdiensbelewing van gewone mense wat by baie lesers aanklank behoort te vind. God verskyn dikwels in die onverwagse, as 'n bedelaar in 'n supermark ("Bedelaar") maar ook in die fyn besonderhede van die natuur ("Watergat") of in die gewone, soos Gobabis se stofstrate ("Ek sien 'n nuwe hemel").