Wat praat jy! 9781869195403

preview_ppbk-1714-g8a0_1_front_186919540x
225,00 NAD each

Wat praat jy!

Afrikaanse Idiome, Gesegdes En Vaste Uitdrukkings Met Verklarings

By Johanna De Wet

ISBN 9781869195403

Protea Boekhuis,

Wat praat jy! bevat meer as 20 000 Afrikaanse gesegdes, vaste uitdrukkings en idiome. Hierdie vaste uitdrukkings, gesegdes en idiome word met 'n eenvoudige voorbeeldsin verklaar. Dit word verder toegelig deur aan te dui van watter taal die uitdrukking of woord afkomstig is. C.J. Langenhoven het 'n groot bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat gemaak en De Wet toon ook aan wanneer 'n uitdrukking van hom afkomstig is. Heelwat spreekwoorde is afkomstig van die Bybel. Wat praat jy! is 'n besondere naslaanwerk.

Johanna de Wet het na haar aftrede as onderwyseres in 1996 'n doktorsgraad in die psigo-pedagogiek behaal. Haar belangstelling in die Afrikaanse taal en geskiedenis het gelei tot die samestelling van 'n aantal boeke, waaronder die kinder-trilogie Dierestories, Heldestories en Afrikastories en Hoopstad se mense onthou met waardevolle herinneringe aan die geskiedenis en karakters van die dorp. Sy woon steeds op Hoopstad waar sy haar aan haar skryfwerk wy.