Ryk Brein Arm Brein 9781920707163

coverrykbreinarmbrein
250,00 NAD each

Ryk Brein Arm Brein

Kobus Neethling, Wouter Snyman, Rachè Rutherford

ISBN 9781920707163

Kejafa Knowledge Works, 2022

Hierdie boek is in vele opsigte 'n uitvloeisel van die outeurs se navorsing oor toegepaste kreatiwiteit. Am I clever or am I stupid? was 'n internasionale topverkoper, net soos Creativity Uncovered en The Ordinary Millionaire. Na my sewe jaar van navorsing oor die potensiaal van jong kinders was dit vir my duidelik dat kinders van 0-3 jaar beskik oor iets wat ons in hierdie boek “rykbrein”-vermoëns noem. As gevolg van “armbrein”-ouerskap en -opvoeding word kinders groot met die idee dat 'n rykbrein-lewe net vir 'n paar uitgesoektes beskore is. Hulle begin hul natuurlike eienskappe soos kreatiwiteit, passie, moed en energie ontken en ignoreer, en volg die gewone en tradisionele paadjies waarvoor hulle die meeste beloning ontvang. Hulle word begelei om te dink en keuses te maak wat dinge hou soos dit is, eerder as om dit te verbeter en verryk. Ons weet, en ons navorsing het dit keer op keer bewys, dat kinders en volwassenes van alle ouderdomme en kulture nie hul vermoë verloor om rykbreinkeuses te maak nie. Hierdie keuses kan aangeleer en onderrig word.