Probleemplante en Indringeronkruide van Suid-Afrika 9781920217310

probleemplantonkruide
470,00 NAD each

Probleemplante en Indringeronkruide van Suid-Afrika

Clive Bromilow
9781920217310
BRIZA

Ook in Engels beskikbaar: Problem Plants and Alien Weeds of South Africa

Nadat dit in 1995 die eerste keer gepubliseer en in 2001 hersien is, het Probleemplante van Suid-Afrika 'n onontbeerlike gids geword vir enigeen wat wil weet hoe om probleemplante uit te ken, te verstaan en te beheer.


    Die boek dek meer as 500 spesies probleemplante, met beskrywende en interessante teks, met die klem op die oorsprong en omgewingsimpak van elke spesie asook metodes om dit te beheer.

    Daar is meer as 700 kleurfoto's om te help met identifikasie en die problematiese aard van die plante te illustreer.

    Bygewerkte verspreidingskaarte toon die gebied waar elke plant voorkom, terwyl 'n reeks simbole die plaagstatus van 'n plant aandui en hoe dit deur regeringsregulasies, onkruiddoderregistrasie en biologiese beheer geraak word.

    Inleidende hoofstukke verduidelik aspekte van ongewenste plantegroei soos bosverdigting en veldagteruitgang, asook chemiese en biologiese beheertegnieke en die bedreiging wat sierplante inhou.

    'n Innoverende “identifikasiesleutel” help selfs die nie-plantkundige om 'n bepaalde spesie te vind en te identifiseer.

DIE OUTEUR: Clive Bromilow het 'n graad in toegepaste biologie, met ekologie as hoofvak. Sy betrokkenheid in die landbou-chemiese bedryf strek oor meer as 30 jaar en het tot 'n lewenslange belangstelling in plante en onkruide gelei. Sy eerste boek, Probleemplante van Suid-Afrika, is in 1996 gepubliseer en was 'n reuse sukses, in groot aanvraag by verskeie organisasies en individue betrokke by landbou, plante en die omgewing. Clive woon in KwaZulu-Natal en het vier kinders.