Asterix en die Legioensoldaat (10) 9781485300830

358629988417179215
150,00 NAD each

Asterix en die Legioensoldaat (10)

By Rene Goscinny

ISBN 9781485300830

Protea Boekhuis, 2016

Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die beeldskone Tierlantyn het kom kuier – en Obelix is dolverlief. Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed, die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.