Daar Doer in Duitswes 9781485300649

637265991745179215
170,00 NAD each

Daar Doer in Duitswes

BY Helm Jooste

ISBN 9781485300649

Protea Boekhuis, 2014

Onthou jy nog die dae van donkiekarre, negosiewinkels, hanslammers grootmaak en tiekiedraai in die waenhuis? Die dae toe ’n Engelsman nog iets vreemds vir ’n Afrikaanse plaasseun was en ’n man moes kon briewe skryf om ’n nooi te bekoor? Met Daar doer in Duitswes roep Helm Jooste daardie dae met nostalgie en humor in herinnering. Hy vertel met selfspot van sy eie ervarings in onder andere die ou Suidwes: vertellings wat jou terselfdertyd laat lag en met heimwee en deernis vul. Kom dans op maat van die Rooiduin Orkes tot rooidag; skater en bloos oor die lywige Ant Maryntjie en die tandlose Toks – en droom saam met ’n bobaasverteller oor die “se nou maars” en verspeelde kanse in Jessica se blou oe. Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.