Die Dorslandtrek 1874 - 1881 9781485301059

preview_klct-3111-g4a0_0_photo_148530105x
600,00 NAD each

Die Dorslandtrek 1874 - 1881

By Nicol Stassen

ISBN 9781485301059

Protea Boekhuis, 2015

Min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so ’n onuitwisbare indruk gelaat as die Dorslandtrek. Die populêre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as “the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race”.

Kort ná hulle aankoms op Humpata het die graaf van Mayo die Dorslandtrekkers soos volg beskryf: “Taking them all round, a finer set of men I have never seen; without doubt, during that terrible seven years’ journey it was a case of the survival of the fittest.”

Die Dorslandtrek: 1874–1881 vertel die aangrypende verhaal van die ongeveer 700 persone (benewens ’n onbekende getal swart arbeiders) wat Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1877 verlaat het en hulle in 1881 ná ’n swerftog van sewe jaar op Humpata op die hooglande van Angola gevestig het. Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik.

Die Dorslandtrek: 1874–1881 is die eerste boek wat in amper veertig jaar oor dié onderwerp verskyn. Bestaande feite word grondig ontleed en nuwe feite word op ’n omvangryke wyse byeengebring. Die resultaat is die mees omvattende boek oor dié aangrypende gebeurtenis.