Die Groot Maroelas
By Doc Immelman
ISBN 9781869194390
Protea Boekhuis, 2011
Vroeg een oggend, toe die maroelas nog swart teen die lug afsteek, neem Hans Wagner sy blou Mauser om 'n leeu te gaan skiet wat in 'n slagyster op sy Suidwes-plaas gevang is. Die ongedierte word maklik van kant gemaak, maar onverwags verskyn daar 'n jong leeutjie wat Hans se been lelik seermaak. Die skoot wat na die leeu geskiet word, ruk net sy een oor af en daarna kom die dier weg. Petrus, Hans se veertienjarige seun, sweer wraak. Petrus groei intussen tot 'n jongman. Sal die verhouding wat daar tussen Petrus en die buurdogter Martie, na wie hy eers minagtend verwys as een van "daardie Angolas", tot iets dieper ontwikkel wat selfs storms sal kan weerstaan?