Die lewe en werke van Kabouters 9781869193485

preview_fzwv-1231-g640_0_photo_1869193482
280,00 NAD each

Die lewe en werke van Kabouters

By Wil Huygen

ISBN 9781869193485

Protea Boekhuis, 2010

Sê die woord “kabouter” en mense dink aan koddige mannetjies met gepunte pantoffels, ondeunde laggies en appelwange wat net in sprokies en kinderverhaaltjies bestaan.

Verder van die waarheid kan dié opvatting nie wees nie: Dis eerder ’n growwe belediging vir regte kabouters, wat hul klein postuur ten spyte, die mens in alle opsigte een oor is.

Ja, kabouters bestaan. Hulle woon en werk en leer en leef hier onder ons neuse – en weet baie meer van ons af as ons van hulle. Vra maar vir Wil Huygen en Rien Poortvliet, wat met dié omvattende boek ’n unieke blik gee op die lewe en werke van kabouters (met die kabouters se toestemming, natuurlik!), en antwoorde vind op vrae wat tot nou toe net in jou verbeelding bestaan het.