Jagters, Slagters en Wildwagters in Suidwes-Afrika JAGTERS SWA

jagtersslagters_1561514152
490,00 NAD each

Jagters, Slagters en Wildwagters in Suidwes-Afrika

'n Kroniek van Mens en Wild: Die verhaal tot 1960

E.L.P. Stals

Padlangs Publications, Windhoek 2022

Padlangs se nuutste vrystelling - Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika - is ‘n kroniek van die verhouding tussen mens en wilde dier in Namibië tot en met 1960, geskryf deur Professor E.L.P. Stals.

Prof Stals, ‘n gedugte skrywer, historikus en afgetrede lektor, het as jong man ‘n liefde vir die land en sy diere ontwikkel en het uiteindelik sy praktyk en passie gekombineer in ‘n navorsingsprojek wat hom bykans 7 jaar besiggehou het.

Die storielyn volg die kronologiese verloop van die verhouding tussen mens en wilde dier in Suidelike-Afrika deur die eeue, van jagters, tot slagters, en uiteindelik die totstandkoming van wildbewaring, of wildwagters.

Stals se verhaal begin met ʼn oorsig van oorspronklike, inheemse jagpraktyke en ondersoek dan die impak van handeldryf wat deur die koms van ontdekkingsreisigers geskep is. ‘n Internasionale mark vir produkte soos olifanttande en volstruisvere het gelei tot groter aanvraag, meer jagters, en uiteindelik die slagting en bandelose uitbuiting van menigte spesies diere in die omgewing.
Uiteindelik is die eerste maatreëls en wetgewing om die jag van wilde diere te reguleer deur die kolonialistiese owerhede in plek gestel, so vroeg as 1900.

Kritiek rakende die verhouding tussen mens en dier in lande soos Namibië wek gereeld opspraak, veral in die buiteland. Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika lewer verslag van ‘n lang geskiedenis van wild- en natuurbewaring in Namibië, en van die aanhoudende soeke na beter, volhoubare maniere om ons ekosisteme te bewaar.

Vir ’n land waar so ‘n groot deel van die samelewing geraak word deur mens-en-wilde lewe interaksie, is hierdie stuk geskiedenis uiters insiggewend en belangrik. Dit is verseker ‘n boek wat op elke jagter, boer, natuurbewaarder en geskiedenis liefhebber se boekrak hoort.