Gids tot Grasse van Suider-Afrika 9781920217341

gidstograsse
440,00 NAD each

Gids tot Grasse van Suider-Afrika

Frits van Oudtshoorn
9781920217341
BRIZA


Sagteband, 1 000 volkleurfoto's, verspreidingskaarte

Ook in Engels beskikbaar: Guide to the Grasses of southern Africa

Die grasfamilie, bekend as Poaceae, is waarskynlik die belangrikste plantfamilie op aarde. Grasse is die eerste voedselplante wat deur mense aangeplant is. Graangewasse soos mielies, koring, rys en suikerriet, almal grasse, is steeds ons belangrikste bron van energie. Gras, in die vorm van voer, is ook die belangrikste bron van kos vir vee en die groot kuddes grasvreters in die natuur.

Die akkurate identifikasie van grasse raak belangrik tydens veldbestuur aangesien grasse ten opsigte van hul weidingswaarde en ander ekologiese funksies verskil. Verder reageer verskillende onkruidgrasse anders op chemiese onkruiddoders en moet daarom akkuraat geidentifiseer word.

Hierdie boek, Gids tot Grasse van suider-Afrika, is die omvattendste volkleur identifikasiegids tot die algemene grasse in suider-Afrika en sluit onder meer die volgende kenmerke in:

    Beskrywings en illustrasies van die 320 belangrikste grasse in suider-Afrika
    'n Gebruikersvriendelike identifikasiesleutel
    Meer as 1 000 uitstekende volkleurfoto's en illustrasies
    Dertien kort en volledig geïllustreerde inleidende hoofstukke oor grasse
    'n Naamlys van alle grasse in suider-Afrika
    Algemene grasname in verskeie inheemse tale
    Simbole wat die leser in staat stel om inligting met 'n oogopslag te bekom


DIE OUTEUR:

Frits van Oudtshoorn se belangstelling in grasse, en in die natuur as geheel, het op 'n vroeë ouderdom op die plaas waar hy grootgeword het begin. Tans bestuur hy 'n besigheid genaamd Africa Land-Use Training en is betrokke by die aanbieding van verskeie kort kursusse in landbou en omgewingsake. Hy het 'n ywerige belangstelling in die volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne en beskik oor 'n meestersgraad in natuurbewaring.