Boer met Kleinvee - die skaapherder 9780992191009

9780992191009
950,00 NAD each

Boer met Kleinvee - die skaapherder

By Die Skaapherder

ISBN 9780992191009

Kejafa Knowledge Works, 2013

Daar is 'n baie bekende Latynse frase: Non scholae sed vitae discimus. (Ons leer nie vir die skool nie maar vir die lewe). Ons maak klaar met skool, maar solank as wat ons lewe sal ons aanhou leer.

Hierdie boek is 'n praktiese handleiding vir voornemende kleinveeboere deurdat dit die basiese beginsels van kleinveeboerdery verduidelik. Dit maak egter ook goeie leesstof vir die meer ervare boer wat steeds wil leer om daardeur produktiwiteit te verbeter in die kudde. Die drie bene waarop suksesvolle kleinveeboerdery rus, fasiliteite, diere en voeding word in die boek aangespreek met klem op gesondheidsbestuur soos; siektevoorkoming, herkenning en behandeling.

Geskryf in verstaanbare gebruikstaal sodat lekepersone dit kan verstaan, maar tegnies genoeg sodat landboukundiges daarby kan baat vind is die boek seker die mees volledige kleinveehandleiding op die mark.