Eerste Veldgids Tot Spinnekoppe & Skerpioene Van Suider-Afrika
Tracey Hawthorne
9781775844143
Struik Nature, 2015
Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die ryke verskeidenheid spinagtiges wat in die streek voorkom. Met behulp van volkleur foto’s en maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene spesies wat in Suider-Afrika voorkom, kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke gewoontes.