Die Geskiedenis Van Boerekos 1652 - 1806 9781869191061

preview_cssr-479-g740_1_front_1869191064
365,00 NAD each

Die geskiedenis van Boerekos 1652-1806

By H.W. Claassens

ISBN 9781869191061

Protea Boekhuis, 2006

Hierdie titel is 'n verkorte weergawe van 'n tesis vir 'n D.Phil-graad wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria verwerf is. Dit handel oor die geskiedenis van die koskultuur van die Europeers wat hulle in die sewentiende en agtiende eeu aan die Kaap gevestig het en deel van hulle nasate, die Afrikaners, gebly het. Tydens die genoemde tydperk is reeds begin om daarna as Boerekos te verwys. Die basiese uitgangspunt van die studie was om na te vors waar die oorsprong le van die koskultuur wat in die sewentiende eeu na die Kaap gekom het, wat die koskultuur behels het en wie daardie koskultuur aan die Kaap beinvloed het.

Die stof vir die studie is derhalwe in drie grondtemas verdeel. Die historiese agtergrond handel oor invloede op die sewentiende-eeuse Hollandse kookkultuur wat aanleiding gegee het tot die noodsaak van 'n verversingstasie aan die Kaap, die vestiging van die Hollandse kultuur aan die Kaap, en die gemeenskap wat in die vestigingsperiode ontstaan het. Die tweede tema oor wat die koskultuur behels het wat die Europeers in die sewentiende eeu na die Kaap gebring het, word toegelig.

Die derde tema wat gaan oor die invloed van Oosterlinge op die kookkultuur aan die Kaap, word ook bespreek. In die slot word gewys op bevindings wat die studie opgelewer het en 'n vlugtige blik word gegee op die verdere verloop van die koskultuur gedurende die Britse bewind, die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die tydperk van verstedeliking, die hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme, en die huidige tydsgewrig.