Die leeu van Okarusewa 9781869192327

696633104001179215
150,00 NAD each

Die leeu van Okarusewa

By Doc Immelman

ISBN 9781869192327

Protea Boekhuis, 2008

Nie net ontglip die gevreesde maanhaar Tom se jaggeweer keer op keer op onverklaarbare wyse nie – ook in die Stroebel-huishouding draai die duiwel rond en tart Tom se verlede hom telkens in die gestalte van beeldskone Maria Stroebel, wie se huwelik duidelik wankel onder die druk van die boerdery.


Hoewel die plaasvoorman, Adolf Freimut, skynbaar die leisels stewig vashou, is daar iets verdag omtrent die arrogante jong Duitser – en ook oom Wolfgang se sekretaresse, June Crosby, blyk ’n slinkse geaardheid agter haar bril en bolla te verberg.

Boonop is Theresa Stroebel lank nie meer die rabbedoe-tiener wat Tom van sy vorige besoeke onthou nie, maar ’n sjarmante jong dame met ’n uitgesproke wil … Is die mensvreterleeu werklik die bron van die spanning tussen die Stroebels – of die rookskerm waaragter groter kwaad gestook word? En sal Tom daarin slaag om die dreigende krisis suksesvol af te weer?