Die Maanblom 9781485302339

preview_jywv-5570-g360_0_photo_1485302331
175,00 NAD each

Die Maanblom

By Einar Turkowski

ISBN 9781485302339

Protea Boekhuis, 2018

Op 'n eiland in 'n ou kliphuis woon 'n man. Elke dag wandel hy deur die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy gunstelingplek 'n onbekende plant wat hy nie in sy klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand 'n blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom bloei nie ... tot een magiese volmaannag.