Drie swerwers oor die einders 9781869193317

preview_lwvl-755-ga80_1_front_1869193318
200,00 NAD each

Drie swerwers oor die einders

By W.A. de Klerk

ISBn 9781869193317

Prote Boekhuis, 2009

W.A de Klerk was een van die voortreflikste literêre joernaliste in Afrikaans. In Drie Swerwers Oor Die Einders, vir die eerste maal in 1953 uitgegee, sit hy en twee vriende hul reis deur die uithoeke van Namibië (toe Suidwes-Afrika) voort.

Hy vertel op boeiende wyse van hulle wedervaringe tussen die Boesmans saam met die legendariese P.J. Schoeman, en van hulle omswerwinge in Damaraland en die Kaokoveld, deur Ovamboland en die streke om die Kunene. Hulle doel was om so ver moontlik die pad van die Dorslandtrek deur die noordwestelike hoek van Namibië te volg, en so kruis hul pad met talle kleurryke karakters.

Drie Swerwers Oor Die Einders is ’n ryk geskakeerde boek vol wetenswaardighede.