FAK Sangbundel 1919825576

preview_bhmm-414-g9a0_1_front_1919825576
500,00 NAD each

Fak-Sangbundel

By FAK

ISBN 1919825576 (9781919825571)

Protea Boekhuis, 2001

Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was ’n belangrike kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het. In latere uitgawes is liedere wat nie veel aftrek gekry het nie weggelaat en gewildes wat vroeer ontbreek het, opgeneem. Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies, koormeesters en skole.

Dit is voorsien van ’n register volgens liedere se titels en eerste reels sowel as ’n rubriekindeling, waaronder vaderlandsliedere, natuurlirieke, liefdes-, kleuter- en slaapliedjies en gewyde liedere. Bekende Afrikaans digters en komponiste se talente word hier saamgevoeg, sowel as sensitief vertaalde Afrikaanse weergawes van wereldwye gunstelinge.