Langs die Pad 9789994587766

langsdiepad
160,00 NAD each

Langs die Pad

Hélène de Kok

ISBN 9789994587766

Hélène de Kok woon en praktiseer reeds meer as 40 jaar op ‘n plaas in die noord-ooste van Namibië. Vir die afgelope sestien jaar beman sy ‘n kliniek en handwerksentrum op ‘n hervestigingsplaas vir Boesmans.

Hier beleef sy die uiterste ontbering en armoede van werklose mense, wat desperaat strewe om sin te maak uit hul bestaan, om te oorleef in ‘n tegnologiese, materialistiese tyd, oneindig ver van hul jagterskultuur.

Byna 60 jaar gelede het haar man, Boetie Claassens, op die plaas Hekel kom woon en twee werkersfamilies uit die Karoo saamgebring. Sommige van hulle was vroeër Karrietjiemense en het moeilik by die gevestigde lewe aangepas. In hierdie deel van die Kalahari het dit ook nooodsaaklik geword vir Boesmans (wat tot met die koms van die Dorslandtrekkers uit Angola in 1928 vry kon jag) om met verdrag op plase te begin werk. Hierdie is die verhaal van dié mense en hul soeke na ‘n betekenisvolle lewe.