Hard soos kameeldoringhout (herdruk) 9781869190644

hard_soos_kameeldoringhout_herdruk
295,00 NAD each

Hard soos kameeldoringhout (herdruk)

Dora Bolz

ISBN 9781869190644

Protea Boekhuis, March 2020

Agtergrond

Die dorpie Aus aan die rand van die Namib het ’n besonder ryk geskiedenis. Dora Bolz, wat vir byna veertig jaar in Aus gewoon het, beskryf die ingrypende veranderinge wat met die jare in dié dorp plaasgevind het. Sy vertel van haar belewenis en rekonstrueer die vroeë geskiedenis van Aus uit navorsing in argiewe. Verskeie pioniers se paaie het deur Aus geloop: die beroemde handelaar Adolf Lüderitz, die sendelinge Heinrich Schmelen en Samuel Hahn en die Schutztruppe Ernst Raabe, Adam Bolz en Franz Izko.

Verder vertel Bolz van die onkreukbare Georg Klinghardt, die vestiging van die trekboere, die vroeë dae van transportry en Hendrik Witbooi se moedige verset teen kolonialisme. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog word ’n groot krygsgevangenekamp in Aus aangelê, waarná Deutsch-Südwestafrika omskep word in die mandaatgebied Suidwes-Afrika. Tydens die Tweede Wêreldoorlog word byna die hele Duitse manlike bevolking van Suidwes-Afrika geïnterneer. Dié gebeure het ’n onherroeplike uitwerking op die dorpie.

Oor die outeur

Dora Bolz, gebore in 1921 in Swakopmund, bring haar skooljare tot op negejarige ouderdom op Aus deur. Van 1934 tot 1946 woon sy in Johannesburg waar sy haar skoolopleiding voltooi, leer viool speel en in die SAUK-koor sing. In 1946 trou Dora met Fritz Bolz. Saam boer hulle op die plaas Klein-Aus tot hulle in 1983 na Randparkrif in Johannesburg verhuis, waar sy ’n baie aktiewe lewe lei. Dit is hier waar sy begin terugkyk na haar tyd in Aus en nuuskierig raak oor die geskiedenis van die dorpie. Ná Fritz se dood in 2004 gaan woon Dora by haar jongste seun, Peter, en sy gesin naby Rustenburg. Sy is in 2012, ná ’n kort siekte, daar oorlede.